Kijkje achter de schermen bij de video van Chris Chameleon

Dinsdag 23 augustus 2011

Chris Chameleon leer woorde agtestevoorom vir nuwe video “As Jy Weer skryf.”

Oftewel...

Chris Chameleon l

2721.jpg

Chris Chameleon leer woorde agtestevoorom vir nuwe video “As Jy Weer skryf.”

Oftewel...

Chris Chameleon leerde woorden achterstevoren voor nieuwe video “As Jy Weer skryf.”

Agter die skerms van Chris Chameleon se 'As Jy Weer Skryf' video Chris Chameleon het onlangs die winterkoue aangedurf om sy nuwe musiek video, “As Jy Weer Skryf” in Kommetjie te gaan skiet. Die video is die titelsnit van sy nuwe Ingrid Jonker album en is pas op televisie uitgereik. Die buitengewone video weerspieël Chris se unieke manier van dinge doen.

“Met Ingrid Jonker se tragiese lewensverhaal in gedagte wou ek vir ‘As Jy Weer Skryf’ ‘n interessante video versin wat ‘n perspektief daarop kan werp. My plan was as volg: neem die lied teen twee keer die snelheid, agterstevoor op en leer dit uit die hoof!”, verduidelik Chris.

Toe Chris hierdie idee gekry het, het hy nie besef hoe moeilik dit in praktyk gaan wees nie.

“Ek het dit by Kommetjie geskiet en moes 7 keer (tja, n bietjie wolraad woltemade daar..!) in die water ingaan voor ons die skoot kon kry wat ons nodig gehad het. Dit was ook belangrik dat die hele video in een skoot verfilm moes word, dus geen ruimte vir foute nie! Toe ek die eindresultaat sien was ek regtig baie bly,” sê Chris.

  

Bekijk de "Agter die skerms" video en het uiteindelijke bijzondere resultaat...


 

Meer nieuws

Actueel